}

Mon - Fri: 7am - 5pm

hsd@douglas.co.za

SEDERT 1896

HOËRSKOOL DOUGLAS

LANDOU-AKADEMIE

ONTGIN JOU BESTE

GRAAD R – 12

DELF DIEP

ONS VISIE:

Die visie van Hoërskool Douglas Landbou-Akademie is om toonaangewend te wees in die ontwikkeling van gebalanseerde jongmense.

ONS MISSIE:

Om leerders die geleentheid te bied om tot geestelike volwassenheid te groei.

Om leerders bloot te stel aan ‘n akademiese omgewing waar kreatiwiteit en hardwerkendheid erkenning kry.

Om deur middel van kundige leiding goeie sportmanskap te kweek.

Om integriteit en morele waardes aan te moedig en die kind die geleentheid te bied
om sy kultuurerfenis te koester.

AKADEMIE, LANDBOU, SPORT,
KULTUUR & KOSHUIS

KOM ONTGIN JOU DROME:

Hoërskool Douglas Landbou-Akademie:

  • Die hart van die dorp en gemeenskap
  • Afrikaans as taalmedium
  • Sterk Christelike waardes
  • Studierigtings gemik op universiteitstoelating
  • Studeer in ‘n plattelandse atmosfeer

    TOELATINGSVEREISTES:

    • Voorlopige oorplasingsvorm van huidige skool
    • Mees onlangse vorderingsverslag/rapport
    • Ouers/voogde se ID
    • Leerder se ID/geboortesertifikaat
    • ID-foto van leerder
    • Bewys van ouer/voog woonadres

    DROOM IN KAKIE

    LANDBOU

    2015: Loods van landboufakulteit

    2016: Aangewys as ‘n Top 3-Landbouskool in die land.

    BELEEF EN BEWERK

    Leer liefde, respek en bewondering vir en in die natuur.
    Landbouwetenskap
    Landboubestuurspraktyk
    Landboutegnologie

    • Grond-, plant – en dierstudie
    • Genetika
    • Basiese chemie
    • Hulpbronbenutting

    GROEI MET KENNIS

    • Praktiese besoeke na omliggende plase
    • Direkte gesprekke met boere en voormanne
    • Leer om krities te dink en ontleed

    SAAI MET SPONTANITEIT

    • Vind inspirasie in praktiese projekte
    • Ontwerp jou eie droomprojek
    • Metaalwerkswinkel, toerusting en gereedskap
    • Bou mini-trekkers, rooikathokke, spilpunte
    • Jou verbeelding is al wat jou beperk

    PLOEG MET YWER

    Harde werk word beloon:
    – Taksidermiebesoek & demonstrasies
    – Boshoff-wildsfees & wildsveiling
    – Kleinvee Jeugskou (hantering en vertoning van diere)
    – Wapenhantering en veiligheid
    – Afvuur van kalibers: .223, .270, .300. 9mm
    – Wildsritte
    – Eindjaar Landboukamp
    – Pannar-dag op Jacobsdal
    – Groentoer in Douglas-area
    – Kanaaltoer en Oranjerivier-pompstasie besoeke
    – Bywoning van Nampo-Oesdag
    – Besoek aan Beefmaster slagpale in Kimberley
    – Boerbok / Brahman kursus
    – Bosbraai

    KOM WEES FÊNSIE IN VELLIES

    Sien uit na:

    • Praktiese klasse in skool se eie pekanneut plantasie
    • Tonnels waar ons leer van bemesting, versorging en plaagbeheer
    • Kweek van groente en gewasse
    • Nuwe toerusting vir praktiese vaardighede aanleer
    • Uitstappies na verskeie boeredae
    • Kursusse met kenners oor alle aspekte van boerdery

    ONTGIN JOU BESTE

    GRAAD R – 12

    DELF DIEP

    KOM VIND JOU VONK

    AKADEMIE

    • Universiteitstoelating georiënteerde leerplan
    • Afrikaans & Engels (1ste addisioneel taal)
    • Wiskunde/Wiskundige Geletterdheid
    • Fisiese Wetenskappe/ Besigheidstudies/ Landboutegnologie
    • Lewenswetenskappe/ Landboubestuur
    • Rekeningkunde/ Toerisme/ Landbouwetenskap

    KOM BULT JOU KULTUURSPIER

    KULTUUR

    • ATKV en redenaars
    • Drama- en dansklasse
    • Sokkies en kunswedstryde
    • Musiek en musiekteorie
    • Skaak- en sangklasse

    DROOM IN GOUD

    SPORT

    Rugby, Netbal, Atletiek, Skyfskiet, Hokkie, Krieket en Mini-krieket, Perdry, Tennis, Swem en Landloop

    TOERE & KAMPE
    Sport- & Akademiese toere, Leierskapkampe
    Graad 6 Opvoedkundige toer, Landbou-uitstappies

    HUIS MEIRING
    VIR DIE KOSHUIS-KLIEK

    ONTDEK DIE AVONTUUR

    Hoërskool Douglas Landbou-Akademie
    koshuiskultuur:

    Toegewyde koshuisvader en personeel
    Huislike en hulpvaardige atmosfeer
    Graad R – 12

    Daaglikse bussie tussen koshuis & skool.
    Vervoer na verskeie buitemuurse aktiwiteite
    Nasorgprogram vir dagstudente

    KAMERMAAT-KASKENADES

    • Ruim kamers wat self ingerig kan word
    • Enkelkamers en deelkamers beskikbaar
    • Deelkamers vir juniors
    • Toegewyde tannies help ons kleiner maatjies Gr 10-12 eie kamers met wifi beskikbaar

    DRIEGANG MANNEWALES

    • Aanleer van goeie tafelmaniere en etiket
    • Drie gebalanseerde etes per dag
      Spyskaart word gemonitor en aangepas
    • Voorsiening vir spesiale dieetbehoeftes
    • In die eetsaal spandeer ons tyd met
      ons koshuisfamilie

    PLANT JOU WORTELS

    • Daaglikse roetine
    • Studietyd met toesig en leiding
    • Verskeie HSD Top 10-leerders in die koshuis
    • Juniors het toegewyde huiswerkhelpers
    • Rekenaar, kleurdrukker en wifi beskikbaar
    • Hulp met take en projekte
      Musiekkamer om instrumente te bespeel

    TASSE VOL HERINNERINGE

    • Dorpsdae en vrye tyd
    • Braai-area beskikbaar vir senior leerders
    • Snoepie vir laatmiddag happies
    • Vriende kan kom kuier in vrye tyd
    • Junior “jungle gym” en speelarea
    • Toegewyde personeel vir toesig

    HOËRSKOOL DOUGLAS

    LANDOU-AKADEMIE

    KONTAKBESONDERHEDE:

    Skoolhoof: Mnr. Jan Botha

    Tel: 053 753 0770 | Sel: 081 505 0694
    Finansies: 053 753 0771

    E-pos: hsd@douglas.co.za

    skoolhoof@douglas.co.za

    Posbus:
    97 Douglas, 8730
    Adres: Bowkerstraat 24, Douglas, 8730

    5 + 15 =